Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Brits Krieketklub se o.11 Gladiators het Saterdag behoorlik koning gekraai toe hulle hul eweknieë, Cricket 101 van Laerskool Wierdapark in Pretoria, verslaan het.
Die wedstryd het op Tuks Oval in Pretoria plaasgevind en volgens die span se afrigter, Wynand de Bruyn het die span soos ware kampioene gespeel. 

Brits slaan 107 lopies almal uit in 19.5 boulbeurte. Die top puntemakers was Ewald Esterhuizen met 27 lopies, Hugo Burger met drie paaltjies en 12 lopies en Henry Botha met twee paaltjies en agt lopies.
Cricket 101 was op 60 lopies met 5 paaltjies plat. Die Gladiators het teruggekom en die laaste 5 paaltjies plat getrek in 4.1 overs en Cricket 101 almal uitgeboul vir slegs 87 lopies en so het die Gladiators die wedstryd met 20 lopies gewen.
Eerskomende naweek speel die o.11- en o.13-spanne van Brits in die Tuks Winter Liga en die bepaling is:
Saterdag, 17 Mei: Brits Gladiators o.11 vs FKK Yellow o.11 op Tuks Sportvelde om 12:30.
Sondag, 18 Mei: Brits Titans o.13 vs GHPK Yellow o.13 op Groenkloof Krieketveld om 08:30.