BRITS POS – BRITS – Lede van Brits Rolbalklub het die jaar se verrigtinge op ‘n hoë noot, tydens die jaarlikse prysuitdeling, afgesluit. Lede wat deur die jaar presteer het, is elkeen met ‘n trofee beloon. Die bestuur van die klub wens almal ‘n geseënde Christusfees toe.
Hannes Claassens, Louis Bouwer, Frik Koegelenberg en Albert Pistorius het tydens die onlangse Rolbal Gauteng Noord Veterane Viere-kompetisie, brons medaljes ontvang.









