BRITS POS – BRITS – Die ruiters van Laerskool Brits het saam met hul perde puik prestasies tydens die nasionale South African National Equestrian Schools Association (SANESA) perdry-kampioenskappe by Kyalami Equestrian Centre behaal.
Die ruiters het die Noordwes-provinsie verteenwoordig en die volgende uitslae is ontvang:
Henray Botha: Skouspring - 60cm kompetisie rondte (2de plek), 60cm A2 spoed rondte (1ste plek). Die Noordwes 60cm A-span, waarvan Henray deel was, verwerf die volgende plekke in skouspring: 60cm kompetisie rondte (2de plek) en 60cm A2 spoed rondte (1ste plek).
Jozelle Repsold: Clear Jumps - Jump off clear round (14de plek) en sy is ook deel van die Noordwes A-span wat in die 60cm kompetisie rondte ‘n 2de plek behaal het.
Leah Diesel: Dresseer - Toets 1 (15de plek) en Toets 2 (18de plek). Skouspring 40cm - Toets 1 (3de plek) en Toets 2 (3de plek).
Leanke Diesel: Skouspring 30cm - Toets 1 (12de plek) en Toets 2 (8ste plek).
Karlo Krämer: 30cm Lead Rein (5de).









