Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Vier van Hoërskool Brits se sagtebalspanne, die o.19-, o.16-, o.15- en o.14-spanne het besonder goed in die finale rondte van die Tshwane-liga gespeel en hulle vaardigheid, spanwerk en sportmangees duidelik tentoongestel.
Uitslae: o.14’s eindig 3de, nadat hulle Hoërskool Akasia met 22-3 gewen het.

Die o.15’s eindig 5de, o.16’s eindig 2de met ‘n naelskraap verloor van 8-10 teen Hoërskool Rietondale en die o.19’s eindig 2de na ‘n baie mededingende wedstryd teen HTS John Vorster.
Die Britsies wat die oog gevang het was: Camilla Ringane wat as die beste o.14- sagtebal-kolwer van die liga was. Megan Seath is as die beste o.16-kolwer van die liga aangewys, terwyl Jané Botha (beste o.19- sagtebalvanger) en Jacqueline du Plessis (beste o.19-sagtebalwerper) van die liga was.
Die afrigters is van mening dat deur die toewyding en volgehoue oefening die spelers nie net individuele meriete behaal nie, maar ook hul span tot nuwe hoogtes gelig het.