Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Laerskool Brits se gholfspelers het verlede week puik tydens die Noordwes Skole Gholf-liga, wat by Magaliespark Gholfbaan gehou is, presteer.
Die Britsies het teen spelers van die laerskole GHS, Mooirivier, Bailie Park, Rustenburg, Vastrap, La Hoff, Saamtrek, Lichtenburg, Zeerust en Vryburg te staan gekom en letterlik hulle staal met uitstekende plofhoue en voëltjies gewys.

Laerskool Brits se seuns A1- en dogters A1-spanne was beide wenners in die IPS en Zero-kompetisies, terwyl die seuns A2- en dogters A2 as naaswenners uit die stryd getree het.
Al vier die spanne het gekwalifiseer om die provinsie op 1 en 2 Desember, tydens die Interprovinsiale Skoleliga wat by Benoni Country Club gehou word te verteenwoordig.