Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – MOOINOOI - Die geskiedenis van die splinternuwe Handicap Tour is Saterdag, 22 November, geskryf toe 24-jarige Rynard Moolman die HT$100000* (1 HT$ = 1 ZAR) individuele titel losgeslaan het. 
Daarby het die Reapers GC-span (waarvan Moolman self ook ’n lid is) die span-afdeling oorheers en die HT$50000 spanprys gewen. 
Rynard het vanaf ’n 4 voorgee gespeel en op die dag 39 punte aangeteken. Hy het in Mooinooi grootgeword en woon nou in Buffelspoort.

Rynard het op die ouderdom van 16 begin gholf speel nadat hy saam met ’n vriend die dryfbaan besoek het. Hy het eers nie sy eie gholfstokke gehad nie, maar sy ma het hom vertel dat sy oorlede oom ‘n stel gehad het, en van daar af het die gholf-gogga behoorlik gebyt. Op hoërskool het hy drie tot vier keer per week gespeel, maar vandag, met sy werkverpligtinge, probeer hy ten minste een keer per week by die baan uitkom.
Die wenspan, Reapers GC, is Dylan Bakselerowicz, Estian Heyneke, Jordan Goosen, Enrique Koekemoer en Rynard Moolman. Hulle het elkeen op verskillende gholfbane in Mooinooi, Pecanwood, Woodhill, Royal Johannesburg en Kensington Golf Club aan die kompetisie deelgeneem. Hulle is ’n hegte groep vriende wat almal ook sterk gholfers is. Hul voorbereiding vir die groot toernooi was eenvoudig: ’n dag by die ‘driving range’ en ’n paar “chips” op die baan om die gevoel reg te kry. 
Toe Rynard hoor hy is die algehele wenner, was hy stomgeslaan. “Dit voel onwerklik… dat ’n ou soos ek so iets kan wen, alle eer aan die Heer!” het hy gesê. Sy familie is oorstelp van trots.
Wat is die Handicap Tour?
Dit is ’n gholfkompetisie waaraan individue én spanne landswyd kan deelneem. Spelers kompeteer gelyktydig op verskeie deelnemende bane, met uitslae wat outomaties via die Handicap Tour Toep na die unieke leiertafel gevoer word. Die stelsel bevat gevorderde verifikasie om die kompetisie eerlik en deursigtig te hou. Met die groeiende pryspoel en die belofte dat elke deelnemer iets kan wen, blyk dit dat die Handicap Tour op pad is om een van Suid-Afrika se mees opwindende nuwe gholfgeleenthede te word. Enige speler met ‘n voorgee kan aansluit, en jy kan meer uitvind of die Toep aflaai by https://handicaptour.co
Met die sukses van die eerste dag is Handicap Tour gereed vir nóg groei - ‘n toernooi met ses landswye gholfdae word reeds vir 2026 beplan. (14 Maart, 2 Mei, 13 Junie, 25 Julie, 12 September en 7 November) Dit beloof om groter, beter en meer opwindend te wees. Rynard se oorwinning wys: enige amateur kan groot wen. ‘Live like a Pro’: sluit aan by die Handicap Tour!