Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – ZWARTKOPS - Toyota Gazoo Racing se junior akademie (TGRJA) het sy 2025- Noordelike streke- Rotax-renstelkampioenskapsveldtog by die Zwartkops-renbaan onder uitdagende toestande afgesluit, met swaar reën wat die baan soms deur die loop van die dag onvoorspelbaar gemaak het. Die span se jong jaers het, ten spyte van die gure weer vasberadenheid getoon en kalmte aan die dag gelê om die seisoen sterk af te sluit.

Die gereelde voorjaer Emma-Rose Dowling het nie Saterdag deelgeneem nie aangesien sy die Suid-Afrikaanse vlag in die buiteland in internasionale renstelrenne gewapper het. Net so was die Namibiese tweeling, Mandume en Nande Kaiyamo die naweek weens skoolverpligtinge afwesig aangesien hulle op hul studies fokus.
Tshepang Shisinwana het ’n veeleisende naweek in die nat toestande in Junior MAX verduur, maar het die uitdaging met drie bestendige vertonings aangepak. Dié Rand Kart Club-jaer was sesde in Ren 1, vierde in Ren 2 en sesde in Ren 3, wat hom algeheel vierde vir die dag geplaas het. Sy pas in die verraderlike toestande het weer eens sy renvaardigheid en volwassenheid laat uitstaan – eienskappe wat kenmerke van sy seisoen geword het.
In die afdeling vir Senior MAX het Kent Swartz sy kampioenskapwentempo, ondanks die nat toestande ná ’n harde stryd deur die dag herbevestig. Sy oorwinning in die laaste uitdun het hom die titel as algehele wenner en die 2025- Noordelike Streke se Senior MAX-kampioenskapstitel verseker.
Sy TGRJA-spanmaat, Georgia Lenaerts, het deur die loop van die dag uitstekende spoed getoon, insluitend ’n puik tweede plek in Ren 2, en algeheel sesde vir die naweek geëindig – ’n uitslag wat haar voortdurende groei en vasberadenheid oor die seisoen beklemtoon.
Met sy terugblik op die laaste streekuitstappie van die jaar, het die TGRJA-spanhoof, Leeroy Poulter, die span se kollektiewe poging, ten spyte van die uitdagings wat die weer ingehou het, geprys:
“Dit was ’n moeilike naweek vir al die jaers, maar die manier waarop hulle die veranderende baantoestande hanteer het, wys hoe ver hulle hierdie seisoen gevorder het. Kent se titeloorwinning is ’n fantastiese prestasie en Georgia se sterk pas in die nat toestande was ewe indrukwekkend. Al kon sommige van ons jaers nie meeding nie, weerspieël hul vordering deur die jaar dít waarvoor hierdie akademie staan – wat volledige, veerkragtige jaers op sowel as weg van die baan af ontwikkel.”
Poulter het ook die belangrikheid van die Noordelike Streke-kampioenskap as ’n proefterrein vir Suid-Afrika se toekomstige motorsportsterre beklemtoon en daarop gewys dat dit bestendige wyse jaers oplewer wat in staat is om op nasionale en internasionale verhoë uit te blink.