Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Die Akustika Chamber Singers is ‘n Suid-Afrikaanse koor wat die afgelope klompie jaar reeds nie veel bekendstelling in die wêreld van stemme, klank en koormusiek nodig het nie. 
Dié eg Suid-Afrikaanse koor wat al sedert 2010 tweede op die wêreldranglys vir gemende kore is, spog onder andere met die stemme van twee Rustenburgers onder sy koorlede. Dit was egter tydens sy heel jongste internasionale kompetisie dat die koor sy stem(me) behoorlik dik gemaak het en as’t ware die hele wêreld van hom laat kennis neem het. 

Met die twee Rustenburgers in sy geledere (Kornel Korb en Juan Muller) het die Akustika Chamber Singers tydens die Vox Lucensis Concorso Chorale Internasionale Koorkompetisie in Lucca, Italië, die wêreld behoorlik beïndruk deur uit nie minder nie as 36 kore van regoor die wêreld met die algehele louere weg te stap. Boonop was die Akustika Chamber Singers die enigste koor vanaf die Afrikakontinent. 
Tydens die kompetisie het die koor aan twee kategorieë deelgeneem naamlik gemengde kontemporêre musiek asook die afdeling vir gewyde musiek. Daar was groot vreugde toe Akustika beide kategorieë gewen het en boonop genooi is om saam met die top ses kore van die kompetisie in die Grand Prix te sing. Hier het die koor die gehoor laat regop sit deur ook die algehele Grand Prix-afdeling te wen! Met dié prestasie het Akustika uiteraard die hoogste punt van alle kore behaal. Rustenburgers en ongetwyfeld alle Suid-Afrikaners is met reg trots op hierdie koor wat na dese op die titel as beste gemengde koor ter wêreld aanspraak kan maak!