Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Wye reaksie is van motoriste en gebruikers van die Bakwena N1N4 ontvang nadat 'n verrassende aantal veiligheidsgroepies op sosiale media-platforms sedert die middel van verlede week geskep is. Hierdie stap volg op maande indien nie jare nie, se kommer oor die verslegtende veiligheidstoestande op die Bakwena N1N4 maar veral die berugte trajek tussen die Doornpoortplaza in die ooste en Rustenburg in die weste. 

Voorvalle van klippe, bakstene of ander swaar voorwerpe wat vroeërjare van oorhoofse brûe op verbygaande motors op die N4 of N1 laat val is in 'n poging om motoriste te dwing om stil te hou sodat hulle deur aanvallers beroof kan word, het die afgelope drie jaar in verskerpte aanvalle op die Suid-Afrikaanse motorpubliek ontaard waarin daar toenemend van sogenaamde "spiking" gebruik gemaak word om die publiek te terroriseer. 
In die afgelope 36 maande is 'n ontelbare hoeveelheid motors beskadig, is derduisende rande se persoonlike eiendom, selfone en juweliersware geroof en vandag staan die stuk pad (veral snags) daarvoor bekend dat dit reeds die lewe van meer as een persoon gekos het. 
Saam met die goeie nuus dat talle nuwe sosiale media-veiligheidsgroepies wat uitsluitlik op die Bakwena N1N4 fokus, deur die loop van verlede week tot einde verlede week die lig gesien het, het die nuus Maandagoggend gekom dat veiligheidsinstansies en die polisie 'n groot deurbraak gemaak het met die arrestasie van nie minder nie as 11 verdagtes wat by voorvalle van "spiking" op die N1N4 en veral die R80 naby Pretoria gearresteer het. 
Die verdagtes is blykbaar Saterdag by 'n sjebeen in Winterveld in Gauteng deur die polisie gearresteer. Een van die verdagtes het glo met 'n vuurwapen op die polisie afgestorm toe hy verneem dat daar polisie op die toneel was en is summier deur die polisie doodgeskiet. 
In 'n ander voorval omstreeks 22:00 Saterdagaand het 'n ambulans met 'n klompie paramedici as passasiers die slagoffers van "spiking" op die N4 geword toe beide die ambulans se twee voorste bande deur spykers beskadig is. 
Die paramedici was egter baie vinnig met veiligheidsinstansies en die polisie in verbinding en hulp het opgedaag selfs nog voordat die rowers op die ambulans kon toeslaan. Die paramedici is na veiligheid begelei.  Daar word verneem dat tot soveel as 13 indien nie meer nie, WhatsApp-groepies oor "spiking" en aanvalle op die Bakwena N1N4 die afgelope tyd op sosiale media gestig is. Ingevolge bepalings van die adminstrateurs van die WhatsApp-fasiliteit, mag 'n groepie nie meer as 'n 1 000 gebruikers/lede hê voordat 'n nuwe groep gestig moet word nie.  Hou gerus Rustenburg Herald dop vir nuus rondom veiligheid op die Bakwena N1N4 en onthou - vermy die Bakwena N4 snags indien dit hoegenaamd moontlik is.