Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Dis hier waar klein dogtertjie-drome weer vlerkies kry, maar moenie glo nie, die burgemeester van "7de Laan" is niemand anders as Wonny Meents, bejaarde, plaaslike inwoner van Rustenburg nie. Wonny het drie jaar gelede `n Barbie-bedkompetisie gewen op `n fb-groep en net daar het die popgogga haar gebyt en het haar seun inderhaas `n viervertrek huisie gebou, wat sedertdien gegroei het tot volledige klein dorpie, met tot `n haarsalon.
Skenkings word van oraloor ontvang vir "7de laan" via twee verskeie media platvorms waar vrouens kommunikeer en ontvlug uit `n platoniese opstaan en gaan slaap mentaliteit tot `n opwindende verbeeldingsvlug van opwinding, moontlikhede en vriendskappe wat gesmee word.

 Die sogenaamde “Peri Travellers” bestaan byvoorbeeld uit groepe van 12 vrouens wie se Barbie-pop/pe heen en weer kuier vir `n periode van `n maand. Gedurende die maand word foto’s op die groep geplaas van “aktiwiteite” wat plaasvind, byvoorbeeld `n verwelkomingspartytjie vir die kuiergas, `n piekniek, `n troue. Ware lewensdramas word gedeel in verband met trauma, teleurstellings, swangerskappe, uitstappies, probleemoplossings en geestelike kwessies.
Daar word ook die allermooiste uitrustings geskep uit afvalmateriale en bykomstighede en elke kuiergas verlaat haar kuierhuis met `n splinternuwe stel of twee ontwerpersuitrustings. Aan die einde van so `n kuierjaar ontvang jy weer jou oorspronklike pop terug met `n boekie vol stories van al haar wedervaringe gedurende die jaar plus `n aantal nuwe uitrustings. Wonny, haar kinders, kleinkinders, familie en vriendinne, deel almal in "7de laan"-intriges en dra graag by tot "7de laan" se groei met unieke bydraes. Sy leer haar kleinkinders om self vaardighede te ontwikkel soos om meubeltjies uit afvalmateriale te vervaardig en kleertjies te ontwerp en maak. Gespreksgeleenthede oor die unieke klein dorpie en sy inwoners se doen en late is legio.
Die waarde van "7de laan" en ander sogenaamde Popdorpe, soos “Suidooster” in Carletonville, ”Egoli” in Kemptonpark, “Kloof en dal” in Klawer en “Die Peris” in Musina, is volgens Retha Nel genesend van aard en word elke vorm van eensaamheid, verwerping, siek, seer en sleg aangespreek en skep dit ruimte vir hoop, lewe en liefde.
Wanneer sy by Wonny aandoen, is haar lekkerste vyf minute net om weer te kyk, te luister en te droom oor haar eie klein dogtertjie-drome van `n sorgelose grootmenswêreld waar alles goed, mooi en reg is - die vyf minute raak natuurlik langer sonder dat mens dit beplan het, want sien, hier in "Sewendelaan" staan tyd botstil.
Indien jy belangstel om by "7de laan" te gaan kuier of van die ontwerpersuitrustings teen baie billike pryse aan te skaf, kontak gerus vir Wonny by 079 682 7726.