Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - TLHABANE - ‘n 33-jarige Zimbabwiese burger is hier aangekeer in verband met die onwettige besit van platina, springstof en vermoedelik gesteelde vleis. Die Tlhabane polisie, in samewerking met die Royal Bafokeng Reaksie-eenheid het op inligting gereageer en toegeslaan op die Zimbabwiër se blyplek in Lefaragathla. Volgens die inligting tot die polisie se beskikking het dié man ‘n tuis-smeltery bedryf. Die polisie het platina ter waarde van meer as R350 000 daar gevind, asook springstof. 


In die yskaste in die huis het polisie ook afgekom op ‘n groot hoeveelheid vars vleis. “Die vermoede bestaan dat dié vleis afkomstig kan wees van beeste wat onlangs in die Derby-omgewing gesteel is,” het plaaslike Polisiewoordvoerder, sers Ofentse Mokgadi gesê. Die verdagte het vroeër dié week in die hof verskyn en sal na verwagting weer op 5 Oktober terug in die beskuldigdebank wees.