Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Vir die eerste keer in 18 jaar kry die NW-Interhoërtrofee ‘n nuwe tuiste en dis hier by die Rusties! 
Hoërskool Rustenburg kom algeheel eerste tydens die NW-Interhoër met 1997.1 punte, in die tweede plek is Hoërskool Klerksdorp met 1966.50 punte en in die derde plek is Potchefstroom Gimnasium met 1954.50 punte. Die Rusties ryg die volgende medaljes/trofeë in: A-afdeling- 26 goud, 38 silwer, 28 brons; B-afdeling - 39 goud, 33 silwer en 22 brons.

Liandri de Wet word ook tydens die dag aangewys as die beste veldatleet met 46.8 946 punte. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat Liandri die toekenning ontvang. Die Rusties spog ook met die volgende nuwe rekords: Dogters o/14 100m - Jaydeen Manders, Seuns o/14 spiesgooi - Juan Matthee, Seuns o/14-aflosspan breek die rekord, Seuns o/15 driesprong - Dian Huisamen, Seuns o/15-aflosspan breek die rekord, Seuns o/16 gewigstoot - Donovan Mostert, Seuns o/19 skyfwerp - Jan-Paul Nel, Dogters o/19 skyfwerp - Liandri de Wet, Dogters o/19 spiesgooi - Marné Botha, Seuns o/19 skyfwerp - Divan Welgemoed.
RHS is werklik trots op elkeen van die atlete en hul harde werk en deursettingsvermoë sowel as elkeen van die afrigters wat ure agter die skerms insit om te verseker dat die Rusties die #1 atletiekskool in Noordwes is!