Hulp dringend nodig vir HW
BRITS POS – BRITS – HW Botha (18), oud-leerling van Die Hoërskool Wagpos, is tans in die hospoitaal waar hy om sy lewe veg nadat albei sy longe ineengestort het.
Die Botha-familie benodig dringende finansiële hulp, aangesien ‘n deposito van R150 000 nodig is voordat HW die lewensbelangrike operasie kan kry. Daar sal nóg verdere mediese uitgawes na die operasie wees.
Redes hoekom verbruikers pad vat
BRITS POS – BRITS - Met aanhoudende dreigemente aan verbruikers van Eskom af, is dit nou tyd om onafhanklik van Eskom te raak en self te sorg dat jy nóóit weer met die verskaffing van elektrisiteit van Eskom afhanklik gaan wees nie. Dis ‘n skande dat die voormalige Eskom, vroeër van die goedkoopste krag ter wêreld voorsien het en soveel krag voorsien het, dat dit selfs na sub-Sahara Afrika versprei is.
Hondjies en katjies – gratis!
BRITS POS – BRITS – Is dit nie verstommend hoeveel troeteldiere van November tot Desember van elke jaar sommer lukraak gratis weggegee word nie?
Net op ‘n paar sosiale media platforms van ons eie omgewing, was die syfers verstommend.
Tien volgroeide groot honde het nuwe huise gesoek en 10 babahondjies, vyf volgroeide katte en 34 babakatjies en dit binne net twee maande.









