BONUS - RUSTENBURG - Die toegegroeide parke in Rustenburg gaan nie maklik getem word nie, maar die AfriForumtak op dié dorp skrik nie vir ’n uitdaging nie.
Lede van die tak het in Februarie die opknappingswerk aan Rustenburg se parke hervat. Die span het spesifiek gefokus op die park op die hoek van Kerk-, Kruger- en Bultstraat, asook die park op die hoek van Helen Josephrylaan en Bovenstraat. Meer as 3,5 hektaar gras is gesny en etlike ure is met bossiekappers gewerskaf.