Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

31 October 2025

Inwoners van Songloed het ‘n park in hul woonbuurt skoongemaak en geskraap wat dit weer toeganklik maak vir fietsryers en stappers. Songloed Buurtwag het die leiding geneem en die park tussen Endymion-, Whitfield- en Bulrushstraat en Porterlaan opgeruim. Daar is nou gedurig mense in en om die park wat die natuur geniet, terwyl die park voorheen gebruik is as ’n wegkruipplek vir skelms en ’n plek om hulle buit weg te steek. Dit is nie meer ‘n seeroog nie.