Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Pretoria - ‘n Eenvoudige voorwerp wat onlangs aan die Erfenisstigting (ES) geskenk is, vertel ‘n verhaal van hoop.

Die voorwerp waarna Dawid Brand, bedryfshoof: media, bemarking en toerisme van die Kultuurtuiste verwys, is ’n klein rubbervarkie, vergeel van ouderdom. “Hierdie eenvoudige speelding, wat eens in die hande van ’n vrou in ’n konsentrasiekamp was, spreek boekdele,” sê hy. “Dit vra: Wat beteken oorvloed sonder waardering? Wat is vryheid sonder dankbaarheid?”

 

Die speelding is deel van ’n versameling items wat Ellie van Tonder onlangs aan die ES geskenk het en is ’n tasbare herinnering aan die vroue en kinders wat tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) onmenslike omstandighede moes verduur.

Die items het aan Van Tonder se Ouma Steyn van Reddersburg behoort - ’n vrou wie se lewe onherroeplik deur oorlog en lyding geraak is. “Tydens die Britte se verskroeideaardebeleid, toe huise en plase aan die brand gesteek en oeste vernietig is, moes sy letterlik haar huisraad begrawe,” vertel Monique Lubbe, ES-kurator. “Sy het ’n wynbeker, botterbak, sout-, mosterd- en asynhouers van glas in ’n gat in die grond weggesteek - eenvoudige kombuisware, maar simbole van huislikheid, van kos op die tafel en vrede in die hart,” sê Lubbe. 

“Wanneer jy iets begrawe wat ’n teken van tuiste is, begrawe jy ’n deel van jouself,” sê Lizette Jansen, bestuurder van die Erfenisstigting.

Kort hierna is Ouma Steyn saam met duisende ander vroue en kinders na ’n konsentrasiekamp gestuur. Die presiese ligging is onbekend, maar haar gebruiksitems het oorleef. “Sy het ’n vurk, naaldehouer, klereborsel, hekelnaald, aansteekspeld en ’n snuifdosie gehad wat vandag veilig by die ES bewaar word. Haar handewerk, twee eierkelkies van draad, kan ook by die ES besigtig word,” sê Jansen. 

Onder die geskenkte items is ’n pewterhouertjie met ’n stukkie boerseep en ’n klein, misvormde rubbervarkie daarop. “Dis waarmee Ouma Steyn in die kamp gespeel het,” het Van Tonder met ’n sagte glimlag oor haar ouma vertel. “Hierdie varkie was haar hoop.” Volgens Brand hou die klein rubbervarkie ’n groot les vir vandag in. “Hoop is nie altyd groot dade of gedenktekens nie. Soms pas dit in ’n klein pewterhouertjie: die getuienis van ’n vrou se geloof, ’n kind se drome, en ’n volk se vermoë om lig in die as van verlies te vind,” sê hy.

Jansen meen skenkings soos dié vergestalt die hart van die ES se werk. “Die Stigting doen soveel meer as die bewaring van historiese items. Die ES skep ’n nalatenskapruimte waarin die verhale van gewone mense wat buitengewone dade van moed en menslikheid verrig het, versamel, gerestoureer en digitaal gedokumenteer word. 

Die ES huisves tans meer as 4 000 besonderse items, wat skilderye, gewere, toekennings, beelde, klere en ander gebruiksartikels insluit. “Elke huishouding het iets - ’n foto, ’n brief, ’n gebruiksvoorwerp - wat deel van ons kollektiewe geheue is,” sê Brand. “As ons nie hierdie stories opteken nie, verloor ons nie net ons geskiedenis nie, maar ons identiteit.”

Volgens Jansen is die ES dankbaar oor alle skenkings. “Ons verseker dat hierdie kosbare stukke nie verlore gaan nie, maar deel bly van die groter Afrikaanse kultuurerfenis. Dit maak dit ook moontlik om uitstallings en projekte aan te bied waar die publiek die kans kry om die items te sien en iets oor die geskiedenis te leer,” sê Jansen.

Navrae oor skenkings kan gerig word aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.