Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Twee bekende Klerksdorpers het onlangs hul goue bruilof gevier.

Pieter (74) en Rhona Strydom (71) het dié mylpaal op 27 September gevier. Die egpaar het destyds hul huweliksbeloftes op Rhona se 21ste verjaardag afgelê.

Klerksdorpers sal Rhona ken as ‘n eiendomsagent van Rhona’s Estates wat sedert 1994 as Strydom Properties bekendstaan. Pieter is ‘n senior konsultant by Pieter Strydom Prokureurs Ingelyf.

Die egpaar het in Mahikeng getrou en woon sedert 1978 in Klerksdorp.

Drie kinders, James, Pieter Davey en Jo Ann, is uit die huwelik gebore en die egpaar het 12 kleinkinders.