Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die SAVF/Rethabile Kinderhuis se Kersprojek het afgeskop en hulle reik uit na die gemeenskap om te help met geskenksakkies vir die kinders.
Met die projek hoop hulle om vir elke kind ‘n geskenkpakkie te gee vir Desember. Die kinderhuis het tans 150 kinders waarvan die jongste 2 jaar oud is en die oudste 20.
Sakkies kan by die kantoor afgehaal word en op elke sakkie is daar ‘n lys van wat benodig word, maar enige skenking is welkom. Die grootste behoefte is nuwe klere vir die kinders en daarom is ‘n denim, t-hemp en ‘n paar skoene op elke lysie. Elke sak het ‘n naam op en die kind se klere- en skoengrootte.
Skakel Mina of Martie by 018 464 188 of 083 783 7811 om jou sakkie te kry. Alle pakkies moet op 8 Desember terug wees by die kinderhuis.