Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die polisie, Rio Casino, die Klerksdorp Rotariërs, Build It Klerksdorp en vrywilligers het saamgewerk om Internasionale Mandeladag te vier.

Vrydag 18 Julie het begin met ‘n parade by Rio Casino, vanwaar die mense in groepe gedeel is om gemeenskapswerk te doen. Die Lethabile Multi Centre in Alabama is eerste besoek waar die senior burgers gehelp is. Rio Casino het doeke vir volwassenes geskenk.

 

Klerksdorp Hospitaal is besoek en vrugte, speelgoed en inkleurboeke is in die kindersaal uitgedeel.

Die inwoners van Nkagisang in Jacaranda het sop en broodjies gekry en die Rethabile kinderhuis is laaste besoek, met die polisie wat restourasiewerk gedoen het.