Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Maritha Coetzee van Hartbeesfontein se kleurvolle uitrusting het op Saturdag 5 Julie aandag getrek by die Durban July perdewedren. 

Behalwe vir die perdewedren is die modes by die jaarlikse gebeurtenis ook altyd ‘n aantrekkingskrag. 

Vanjaar was die tema ‘Marvels of Mzansi’ om Suid-Afrika se ryk geskiedenis, kulturele diversiteit en pragtige landskap uit te beeld. Maritha, ‘n DA-raadslid, het besluit om bekende handelsmerke in haar uitrusting uit te beeld.

“Ek het al die inkopiesakke met die bekende logos van chappies, vuurhoutjies en Marmite opgekoop en daarvolgens gewerk om die tema uit te beeld. Groot was my verrassing toe ek by die July opdaag en ‘n beeld van ‘n perd sien wat presies dieselfde tema as ek uitbeeld. Van die organiseerders het gesê ek het hul idee verpersoonlik. Die perd is deur die bemarkingspan gedoen,’’ het sy gesê.