Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dit was ‘n oggend van lag, musiek en lawwe uitrustings vir die inwoners van Anistemie toe die bekende stilis Sandra Taljaard hul besoek.

Sandra het in Orkney grootgeword en einde Junie na haar wortels teruggekeer vir ‘n radio-onderhoud met Barbara Payne op Life FM, die bekendstelling van Petro Kotze-Odendaal se boek, Wanneer die krieke stil word, en ‘n glansoggend by Anistemie. Dit was vir haar ‘n lekker “trip down memory lane’’ en sy is veral beïndruk met die modeparade deur die inwoners van Anistemie.

 

“Dit was groot pret,’’ lag Louise Botha, wat die oggend help reel het. 

Sandra het ‘n praatjie gelewer oor die modes van 1950-1970 en musiek uit daardie era gespeel. Die modelle het modes aangetrek volgens die era waarvan hulle hou. Sandra het ‘n verskeidenheid maniere demonstreer om ‘n serp as bykomstigheid by jou uitrusting in te span.

Louise het almal bedank wat kaartjies geborg het vir senior burgers, en almal wat bygedra het om die oggend ‘n sukses te maak.