Die Klerksdorper Stefaans Coetzee is die afgelope naweek met ‘n Kokertoekenning vereer deur die Afrikaanse Taalraad. Hy is vereer vir sy werk om Afrikaans te bemagtig. Stefaans is as skrywer ‘n geliefde inwoner van Klerksdorp, waar hy die hart is agter die Klerksdorp Boekefees en help om nuwe stemme te ontwikkel. Die Afrikaanse Taalraad bevorder Afrikaans in sy volle diversiteit binne ‘n meertalige konteks. Tien Kokertoekennings is uitgedeel waaronder ‘n erepenning aan Anschen Conradie, nog ‘n bekende naam in Afrikaanse boek- en leeskringe.
Koker vir skrywer
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode










