Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Hartbeesfontein - Pyporrels in Suid-Afrika is nie net majestueuse musiek-instrumente nie, maar word geag as waardevolle, kulturele en historiese artifakte.

Na ‘n uiters suksesvolle orrel-uitvoering in die NG Kerk Hartebeestfontein verlede jaar, het die plaaslike ATKV-tak besluit om dit ‘n jaarlikse instelling te maak om die wonderlike orrel-erfenis van die plaaslike gemeente en die vaardigheid van orrelspel, met inwoners van omliggende dorpe te deel.

 

 

 

Alle musiekliefhebbers word uitgenooi na ‘n unieke orrel-uitvoering deur Winand Grundling, waar hy musiek uit verskeidenheid genres op verrassende wyse vertolk. Winand is orrelis van die NG Gemeente Stellenbosch-Welgelegen en begeleier van verskeie kore en Suid-Afrikaanse kunstenaars. Hy het gedurende sy loopbaan verskeie musiekbeurse en -kompetisies ingepalm, is deur nasionale- en internasionale meesters onderrig en het al verskeie uitvoerings op nasionale- en internasionale vlak gelewer.

Sy debuutalbum, “Toccata!”, is in 2009 vrygestel en in 2012, “14 Stations of the Cross”. Hy stel ook in 2014 sy nuutste CD, “The Seven Days of Creation”, vry. In 2015 wen Winand die Kanna-toekenning vir die beste klassieke musiekproduksie, met die produksie “Bach-Vandag”. Winand tree as orrelis op vanaf 2015 tot 2023 by die “Orrelweek” tydens die jaarlikse Woordfees op Stellenbosch. In 2023 tree hy op in uitverkoopte sale by die PlayhouseTheater in Somerset-Wes, asook die FynArts Fees in Hermanus met sy komedie-produksie, “A Victor Borge Tribute”. 

Kom deel in die belewenis wanneer Winand met sy vaardige vinger- en voetwerk, die gehoor betower en bewys dat pyporrelmusiek vars en relevant kan bly. Orrelbouer Werner Hurter sal ook tydens die program ‘n kort praatjie lewer oor die bewaring van pyporrels as erfenisstukke. Hy is ‘n uitstekende spreker en gaan verseker almal teenwoordig se aandag boei, met sy aansteeklike entoesiasme en passie vir pyporrels.

Die uitvoering word gehou op 3 Augustus om 12:00, voorafgegaan deur ‘n gesellige aansit-ete om 11:00 in die gemeentesentrum (opsioneel). Dit word gehou by die NG Kerk Hartebeestfontein in Kerkstraat. Kaartjies vir die orrel-uitvoering met ete is beskikbaar teen R160 per persoon en sonder die ete is die kaartjies R100 per persoon. Bespreek by Daleen per Whatsapp by 072 545 7034. (Etebesprekings sluit 30 Julie om 12:00). Besprekings daarna slegs vir orrel-uitvoering.