Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die gemeenskap het in groot getalle opgedaag by die Pick n Pay-stalletjiemark verlede naweek.

Volgens die organiseerder, Tinus van Staden, was die mark op Saterdag 28 Junie een van die grootste markte van die jaar.

“Die mense het weereens bewys hulle kan hul harte en beursies in nood oopmaak. Die fondsinsameling ten bate van die Orkney/Klerksdorp Animal Shelter was ‘n reuse sukses. Die mikpunt was R5 000, maar meer as R13 000 is ingesamel,” sê hy.

 

 

 

Overvaal Stereo het ‘n buite-uitsending vanaf die mark gedoen wat baie mense na die mark gelok het. Om fondse in te samel is Diane Jacobs van die Orkney/Klerksdorp Animal Shelter en omroeper Ignaz Streicher saam met ‘n hond in ‘n staalhok toegesluit. Hulle is eers vrygelaat nadat ‘n paar duisend rand ingesamel is. 

Daar is lekker saamgekuier om die hok waar die twee aangehou was en DJ Nico het op-en-wakker musiek gespeel. “Ek en Diane wil die gemeenskap van Klerksdorp spesiaal bedank vir hul aandeel om die mark en fondsinsameling so ‘n sukses te maak. Ook ‘n spesiale dankie aan elke instansie en persoon wat deel was van die projek. Julle het ‘n verskil gemaak.”

Die volgende mark is op 2 Julie by Builders Warehouse en Hinterland en op 26 Julie weer by Pick n Pay. 

Skakel Tinus vir navrae en stalletjiebesprekings by 083 294 8077.