Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Ben en Julie van Zyl vier volgende week hul 74ste huweliksherdenking.

Albei is 95 jaar oud en nog baie aan die gang. Die egpaar is dr Leonie Graham se ouers, en hulle bly by haar. Leonie se suster, Estelle Viljoen, vlieg vanaf Nederland om die herdenking by te woon. Hulle het nog ‘n broer gehad wat oorlede is.

“My ouers se herdenking is op 6 Oktober en ons sal ‘n ete op Sondag 5 Oktober hê. Ons het ‘n groot ding daarvan gemaak toe hulle 95 jaar oud geword het. My ma het in Augustus verjaar en my pa op 8 September,” vertel Leonie.

Haar ouers se tydgenote lewe nie meer nie, maar sy, haar suster en hul sewe kleinkinders en 11 agterkleinkinders gaan die dag spesiaal maak. “My pa is in ‘n rolstoel, maar hy verstaan alles. My ma is nog 100%. Sy speel nog klavier en sing vir ons,” sê sy.

Haar pa het nog op 84-jarige ouderdom die Argus gery en op 90 gholf gespeel. Ben was ‘n tekenaar van beroep en Julie het verpleeg en was ‘n tuisteskepper. Die familie het op Odendaalsrus gewoon.