Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

24 Oktober 2025

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Inwoners was verbaas om te sien dat grondwerke begin het by ‘n nuwe beplande ontwikkeling naby Doringkruin wat nog nie amptelik goedgekeur is nie.

AfriForum eis nou die onmiddellike staking van die “onwettige ontwikkeling’’ in ’n formele brief aan die munisipaliteit. Hulle waarsku dat voortgesette grondwerke en konstruksie sonder die nodige goedkeurings ’n ernstige oortreding van verskeie wette is. 

 

“Die ontwikkelaar Bageso Development Consultants (Pty) Ltd, het reeds begin met grondwerke en die installering van infrastruktuur op die terrein bekend as die Hillview-ontwikkeling, sonder dat die projek deur die munisipaliteit of enige bevoegde owerheid goedgekeur is. Die ontwikkeling beoog om sowat 4 700 wooneenhede op te rig - sonder om eers die vereiste omgewingsmagtiging of watergebruiklisensie te bekom,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier-streek. 

Die Munisipale Beplanningstribunaal (MPT) het die oorspronklike aansoek in Oktober 2024 van die hand gewys weens ’n gebrek aan regsbevoegdheid by die aansoeker. 

Volgens AfriForum bedreig die ontwikkeling vleilande, ‘n sensitiewe area wat verseker dat waterbronne skoon bly, want dit filtreer water wat na die riviere toe gaan en as ’n vleiland eers verniel word, neem dit baie jare voordat dit weer heeltemal herstel. 

Daar kom ook baie spesifieke natuurlewe voor soos voëls, paddas en insekte. Vleilande dien verder as sponse vir die reënwater-afvloei van omliggende gebiede: as dit weg is, oorstroom alles. Verder dien vleilande ook as koolstof-vangers wat die lug suiwer.