Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

24 October 2025

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Demokratiese Alliansie (DA) het ernstige kommer uitgespreek oor wat hulle beskryf as “voortdurende onstabiliteit” binne die Matlosana Munisipaliteit se administrasie. 

Volgens ‘n verklaring deur die party, het interne magstryde tussen die Munisipale Bestuurder,  Lesego Seametso, en die Finansiële Bestuurder,  Mercy Mpetla, ‘n ernstige impak op munisipale funksionering en dienslewering. 

 

Dit kom kort op die hakke van die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag se batebeslagleggings-eenheid wat toegeslaan het op diensverskaffers van die munisipaliteit in ‘n ondersoek na Mpetla se betrokkenheid by bedrog en korrupsie in die stadsraad.

Die DA se rdl Johannes le Grange voer aan dat hierdie verwikkelinge bewerings van voorkeurbehandeling aan sekere diensverskaffers bevestig. Hy bevraagteken ook Mpetla se beweerde weiering om met die Munisipale Openbare Rekeningkomitee saam te werk in ‘n ondersoek na onreëlmatige besteding wat met Variegated verband hou.

“Verder is daar aantygings dat sy ander amptenare, insluitend die Speaker, probeer intimideer het om te verhoed dat sake rakende haar optrede voor die Raad gebring word,’’ het hy gesê. Hy het dit beskryf as ‘n “volledige ineenstorting van aanspreeklikheid en bestuur” binne die munisipaliteit.

In hul verklaring vra die DA dat Mpetla se toegang tot munisipale bank- en betalingstelsels beperk word, hangende die uitslag van die ondersoeke. Le Grange het verder gesê dat die burgemeester, Fekile Mahlope, haar moet skors om ‘n onafhanklike ondersoek moontlik te maak.