Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Sassa het Dinsdag 8 Julie in ‘n mediaverklaring bevestig dat geen maatskaplike toelaes opgeskort is nie.

Die agentskap is tans besig met ‘n hersieningsproses om die geskiktheid van begunstigdes wat verdink word van bykomende inkomste, te verifieer. Volgens die verklaring kan sommige betalings tydelik vertraag word terwyl ‘n begunstigde se hersiening afgehandel word. 

Hierdie proses is nie bedoel om enige begunstigde te penaliseer nie, maar om die volgehoue korrekte aanwending van staatsfondse te verseker.

Themba Matlou, uitvoerende hoof van Sassa, het beklemtoon dat die hersiening in die openbare belang is om te verseker dat toelaes slegs aan kwalifiserende individue uitbetaal word. “Die wetgewende raamwerk vir maatskaplike bystand vereis dat applikante alle bronne van inkomste ten volle openbaar. Versuiming om dit te doen, is ‘n oortreding van die wet.” 

Die hersieningsproses help Sassa om begunstigdes te identifiseer wat moontlik nie meer kwalifiseer nie weens veranderinge in hul finansiële, mediese of regsstatus, of diegene wat verhuis het of oorlede is.

Vereistes vir Begunstigdes
* Begunstigdes wat vir hersiening gekontak word, word versoek om hul naaste Sassa-kantoor te besoek met die volgende dokumente:
* ‘n Geldige Suid-Afrikaanse ID-dokument (13-syfer staafkode-ID of slimkaart).
* Bewys van inkomste (salarisstrokie, pensioenstrokie, of beëdigde verklaring indien werkloos).
* Bankstate vir die afgelope drie maande.
* Bewys van verblyf (bv ‘n diensterekening).
* Mediese verslag (vir ongeskiktheids- of sorgafhanklikheidstoelaes).
* Huweliksertifikaat of egskeidingsbevel, waar van toepassing.
* Sterftesertifikaat, indien van toepassing.
* Ander relevante dokumente soos geboortesertifikate vir die kindersorgtoelae.

Wie kwalifiseer vir ‘n kindersorgtoelae?
Om vir ‘n kindersorgtoelae te kwalifiseer, moet ‘n individu se jaarlikse inkomste binne sekere perke val. Volgens die jongste drempels, wat op 1 April in werking getree het, is die riglyne soos volg:
* ‘n Enkellopende persoon moet nie meer as R67 200 per jaar verdien nie.
* ‘n Getroude persoon se gesamentlike inkomste moet nie R134 400 per jaar oorskry nie.

Begunstigdes word aangemoedig om op enige amptelike kommunikasie van Sassa te reageer om vertragings of die moontlike opskorting van hul toelae te voorkom. Vir verdere navrae, skakel Sassa se tolvrye nommer by 0800 60 10 11.