Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Apteekdienste by Klerksdorp en Thepong hospitale word oorval met pasiënte van naburige dorpe en om die las te verlig, sal hulle hoofsaaklik pasiënte van die Kosh-gebied verkies.
Die diens het op 10 Julie ‘n verklaring uitgereik waarin hulle verklaar het dat hul apteke in Matlosana nie vanaf Maandag 14 Julie herhaalmedikasie aan pasiënte sal uitreik nie.
Hulle het egter versuim om te spesifiseer dat dit slegs van toepassing is op pasiënte van naburige dorpe, aangesien pasiënte wat van naburige dorpe besoek aflê, terugverwys sal word na hul eie mediese fasiliteite om hul herhaalmedikasie af te haal.
Hierdie reëling sal dit vir die pasiënte makliker maak, aangesien hulle nie na die hospitale in Klerksdorp en Jouberton hoef te reis nie.
Skakel die apteke by Klerksdorp Hospitaal (018 406 4535) of Tshepong (018 406 3258) vir meer inligting.