Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Botle ke botle, oftewel mooi is mooi, is ‘n projek wat Klerksdorp weer mooi wil laat lyk.
Die Matlosana Munisipaliteit se departement van Gemeenskapsdienste, onder leiding van LUR Kgosietsile Seitshiro, het die projek van stapel gestuur, wat tans aan die gang is. Dié inisiatief het in 2022 begin en is daarop gemik om omgewingskwessies binne Matlosana aan te spreek.
Die Uitgebreide Openbare Werkeprogram (EPWP) in Matlosana ondersteun hierdie inisiatief deur te fokus op die skoonmaak van oop ruimtes, die verfraaiing van die N12-roete, afvalverwydering en ander omgewingskwessies. “Spanlede kan gesien word met groen oorpakke langs die N12-roete en ander plekke. Die groen oorpakke simboliseer hul verbintenis tot omgewingsvolhoubaarheid,”sê Ntswaki Makgetha, woordvoerder.
Maak Klerksdorp weer mooi
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode