Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Klerksdorp Buurtwagforum het die voorstel gemaak om die bosse langs die Pagel Beckerbrug, regoor die taxistaanplek langs die N12, skoon te maak.

Volgens Deon Jordaan, voorsitter, het hulle gereageer op klagtes van inwoners en het die groot skoonmaak op Saterdag 16 Augustus begin. “Die bosse is ‘n wegkruipplek vir skelms. Ons beplan om al vier die areas langs die Pagel Beckerbrug heeltemal te ontbos en sal waarskynlik teen November klaar wees,” sê hy.

 

Hy het aan Klerksdorp Rekord vertel dat hulle al in April wou begin, maar toe het die groot reën gekom, en moes hulle uitstel. Die stad se verkeersafdeling, parkedepartement en polisie is ook betrokke.  Sekuriteitskameras sal ook binnekort geïnstalleer word.

Volgens Jordaan is die reaksie van die meeste mense positief en is die mense bly hulle tree op. Verskeie motoriste het al gekla dat skelms daar in die bosse wegkruip en toeslaan as hulle by verkeersligte op die brug stop.

“Ons het nog geen insidente gehad na die naweek nie, want die wegkruipplek is weg.”