Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

17 Oktober 2025

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Matlosana Munisipaliteit het inwoners ingelig oor belangrike veranderinge rakende die lees van water- en elektrisiteitsmeters nadat die munisipaliteit se kontrak met die diensverskaffer verstryk het.

Mosekate Trading and Projects Company se kontrak het op 30 September verstryk. Volgens Ntswaki Makgetha, woordvoerder, is al die meterlesings vir September reeds ingesamel en sal die rekeninge vir Oktober nie hierdeur beïnvloed word nie. Vir die rekeninge van November word verbruikers egter versoek om self hul meterlesings vir Oktober te neem en dit per e-pos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. te stuur. 

Dit is noodsaaklik dat die munisipale rekeningnommer as die verwysing gebruik word. Inwoners wat nie toegang tot hul elektrisiteitsmeters het nie, moet dit duidelik in hul e-pos aandui.

“Hierdie tussentydse reëling sal geld totdat nuwe diensreëlings in plek gestel is. Dankie vir die samewerking. Verdere verwikkelinge rakende die meterlesingsproses sal mettertyd gekommunikeer word,’’ het Makgetha gesê.