Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Verlede week is vier gevalle van selfdood in Klerksdorp aangemeld.

Klerksdorpers was geskok oor die nuus van Kobus Steenkamp jr se dood vroeg Woensdagoggend 14 Mei. Dit was sy dogtertjie wat drie jaar gelede aan kanker oorlede is, se verjaardag. Hy is met ‘n skietwond aangetref op ‘n grondpad buite Klerksdorp. Hy was reeds dood.

 

 

Dieselfde middag, in Alabama, het Gino Michael Abrahams (27) se suster op sy liggaam afgekom wat aan ‘n gordel gehang het. Die gordel was aan diefwering in die buitekamer vasgemaak. Hy het ook snye aan sy polse en nek gehad. Kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het gesê hy is op die toneel dood verklaar.

Op Donderdagoggend 15 Mei het Jakobus Viljoen (60) hom en een van sy honde doodgeskiet terwyl die balju by sy woonplek in Flamwood was om ‘n uitsettingsbevel op hom te dien. Volgens kol Myburgh het die balju die skote gehoor nadat hy aan haar gesê het om ‘n ander hek te gebruik om toegang tot die eiendom te verkry. “Sy liggaam en die hondjie s’n is albei in die badkamer ontdek.’’ Nog twee honde is deur die diereskuiling verwyder.

Len van Antwerpen (48) is dood in sy Ford Bantam terwyl ‘n vriend besig was om die beskadigde voertuig in te sleep na ‘n ongeluk Donderdagaand buite Klerksdorp op die Ventersdorppad. “Die vriend het kom help om die motor te tou nadat hy teen ‘n boom vasgery het. Die polisie het opgedaag en hom met ‘n kopwond in die bakkie aangetref. Hy was reeds dood.’’

* Gemene spel word nie een van die gevalle vermoed nie.

Indien jy self met depressie of selfdoodgedagtes worstel, of indien jy iemand ken wat dalk hulp nodig het, kontak een van die volgende organisasies dringend:
* Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep (SADAG): Hulle het ‘n 24-uur-hulplyn by 0800 456 789 en ‘n selfdoodkrisislyn by 0800 567 567. Jy kan ook ‘n SMS stuur na 31393. SADAG bied gratis telefoonkonsultasie, inligting, krisisintervensie en verwysings na hulpbronne landwyd.
* Lifeline SA: 0861 322 322.
* Netcare Akeso Krisislyn: Hierdie is ‘n 24/7 telefoondiens waar opgeleide beraders jou kan bystaan.
* Childline SA: 0800 055 555 (Vir kinders en jeug).
Moenie in stilte ly nie. Praat met iemand wat jy vertrou, ‘n familielid, ‘n vriend, ‘n geloofsleier, of kontak een van die professionele hulplyne. Daar is hoop en herstel is moontlik.