Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Kelner is steeds in ‘n kritieke toestand in Tshepong Hospitaal na ‘n vuisgeveg by sy eksmeisie se woonstel die afgelope naweek.

Die geveg het skuins voor middernag op Saterdag 17 Mei by Rentia Hof in Wilkeville gebeur.

Volgens ‘n ooggetuie wat naamloos wil bly, is Michael Deysel (35) glo deur sy swanger eksmeisie en haar nuwe kêrel aangerand en oor die kop geslaan.

 

 

 

 

 

Hy het aan Klerksdorp Rekord vertel hoe die nuwe kêrel ‘n bebloede en bewustelose Michael in die kompleks in die pad af sleep. Hy het die polisie en ambulans gebel. Die redes vir die geveg is duister.

Foto’s van Deysel se erg beseerde gesig doen die rondte op Facebook sedert die naweek nadat sy werkgewers ‘n beroep gedoen het op die publiek om meer inligting oor die voorval te bekom. 

Volgens kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, is Deysel nog steeds kritiek in die hospitaal. Hy het glo ‘n gat in sy kop en bloeding op die brein.

Die ondersoekbeampte, adj-off Fred Leach, doen ‘n beroep op ooggetuies om die polisie by te staan in die ondersoek. Skakel hom by 082 416 0817 met inligting. Volgens sy werkgewers, wat gevra het om nie in die koerant geïdentifiseer te word nie, is daar baie vrae oor die voorval en was die aanranding onnodig. 

Hulle het Deysel beskryf as iemand wat sy sente omgedraai het sodat hy vir die baba ‘n stootwaentjie kon koop. Nou is hy sonder ‘n inkomste in die hospitaal. Hulle het geld begin insamel om sy uitgawes te betaal.