Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp – ’n Jong gholfspeler van Hoërskool Klerksdorp is nou die top klubkampioen in die land. Dit is die eerste keer dat ‘n Noordwester dié titel wen. Leonard Swart (16) het die “Champion of Champions”-titel op Parys gewen. Hierdie toernooi bring die beste van die bestes bymekaar: elke gholfklub-kampioen in Suid-Afrika het teen ander provinsiale wenners meegeding. 

Daarna moes die top-kampioene hul staal wys in die nasionale eindstryd.
Leonard het nie net sy provinsie verteenwoordig nie - hy het uitgestyg bo al die ander en bewys dat harde werk, toewyding en talent ’n wenresep is.

Hy het die toernooi met een hou gewen, na sy uitstekende 64 in die eerste rondte. Hy het op drie onder baansyfer geëindig.

Leonard is nie ‘n vreemdeling op die gholfbaan nie en ryg die pryse in. ‘n Gholfspeler om dop te hou.