Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Twee voetgangers is ernstig beseer op Donderdagoggend 6 November toe ‘n taxi waarvan die remme ingegee het, hulle raakry. Die ongeluk het net na 07:40 gebeur. Nooddienste was vinnig op die toneel en die beseerdes is na hospitale in Klerksdorp vervoer. Daar is aanvanklik berig dat altesaam 9 persone beseer is, maar die insittendes in die taxi is net vir skok behandel. Klerksdorp Rekord het verneem die bestuurder het gesê die taxi se remme het nie gewerk toe hy die verkeerslig by City Mall nader nie. Hy het toe uitgeswaai in die linkerbaan om ‘n botsing te vermy, en die voetgangers getref.