Klerksdorp Rekord, Stilfontein - Die polisie ondersoek ‘n moord nadat ‘n oudpolisieman in die hospitaal dood is weens beserings nadat hy glo deur ‘n familielid aangerand is.
Hugo Lambrechts se seun, André, het aan Klerksdorp Rekord gesê sy pa is doodgeslaan. Kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ‘n moordsaak ondersoek word. Lambrechts (53) is op 15 September met ernstige breinbeserings in die Life Anncron Hospitaal opgeneem. Daar was glo ‘n bakleiery by sy huis in Rietstraat met ‘n familielid.