Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Tydens die pas afgelope Noorwes Rolbal se Ope Pare kampioenskap was dit weereens die gedugte paar van Klerksdorp Rolbalklub, Jillian Booth en Serlina Venter, wat “stof in die oë geskop” het van die ander damesspanne.
Hulle stap weg met die goue medalje en kwalifiseer om volgende jaar in die Sentraal Vierhoekige kompetisie deel te neem teen ander wenners van Noord-Vrystaat, Noord-Kaap en Suid-Vrystaat Rolbal.
In die mansafdeling het Errol Booth en Alan Kirkland ongelukkig hulle rieme styf geloop in die finaal en dus die silwer medalje verower. KBC sien uit na die nuwe seisoen en verwag nog baie medaljes tydens die 2025/2026 seisoen.