Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Verskeie lede van die Klerksdorp marathonklub het aan die Comrades Marathon deelgeneem en uitstekende tye behaal.
Tolo Mooketsi het die beste van sy klubmaats gevaar en die ultra marathon in 6 ure en 38 minute voltooi. Die tweede beste vir Klerksdorp was Johannes Radebe in 7 ure en 5 minute, met Owageng Pelesa in 7 ure en 8 minute kort na hom.
Hulle verdien elk ‘n silwermedalje, terwyl Vanessa Lottering, Klerksdorp se eerste dame, die vyf-de beste tyd vir Klerksdorpers behaal het in 8 ure en 45 minute. Sy het ‘n Bill Rowan-medalje gekry.
Die klub het drie silwermedaljes, drie Bill Rowans, nege Robert Mtshali-medaljes, 14 bronsmedaljes en 17 Vic Clapham-medaljes verower. Annelindie en Johannes Potgieter was die eerste egpaar van Klerksdorp oor die wenstreep in 10 ure en 25 min.
Vanjaar het meer as 22 000 atlete aan die marathon deelgeneem, waarvan 55 atlete van die Klerksdorp Marathonklub is.