Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Record, Klerksdorp - Klerksdorp Rolbalklub het die Noordwes Veterane toernooi oorheers met beide mans- en damesspanne wat kampioene opgelewer het.

Die damesspan van Dalene Peens en Jillian Booth het hul titel as 2024 pare kampioene suksesvol verdedig deur die span van Corrie Breitenbach en Baybee Mojanaga (Potch Dorp) in die finaal te klop. Maro Nicolaou en Stacy O’Brein (Zeerust) en Elain Laubscher en Thelma Liversage (Klerksdorp) verower bronsmedaljes.

 

In die mansafdeling het Klerksdorpers mekaar die stryd aangesê in die finaal. Peter Jacobs en Rudi Lombard het afgereken met Johan van der Heever en Josh Radebe. Dries de Jager en Wayne van Zyl (Parys) en Gene Hill en Chris Nicolaou (Zeerust) verower die bronsmedaljes. 

Peter en Rudi is “jong” spelers wat vier jaar gelede begin rolbal speel het en reeds kampioene is. Bewys dat dit nooit te laat is om die spel van rolbal aan te durf nie. 

Skakel André, 082 418 5729, vir meer inligting oor hoe om deel te word van die spel.