Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - KHS se eerste krieketspan het deurgedring na die Noordwes semi-finaal van die T20 reeks.

Die span het ook ‘n puik oorwinning behaal in Saterdag 13 September se ligawedstryde teen Lichtenburg en hul met 178 lopies geklop. Gerrit Koen het 164 lopies van slegs 78 balle gemoker terwyl Duschaan Trytsman drie paaltjies vir slegs 12 lopies geneem het.

 

 

KHS het 311 lopies aangeteken en Lichtenburg uitgehaal vir 133. Die T20 semi-finale is tussen KHS en Gimmies, terwyl Volkies en Lichtenburg in die ander semi-finaal uitspeel.

Die o/15 A span het ook ‘n puik oorwinning behaal oor Lichtenburg nadat hul Lichtenburg vir 85 lopies uitgehaal het met Daniel Steyn wat 4 paaltjies vir 33 lopies geneem het.

KHS het op 86/1 die telling verbygesteek, met Ulrich Ollewagen wat ‘n onoorwonne 53 lopies aangeteken het.