Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweeek, Klerksdorp - Die aftelling het begin na die 94ste wèreldbiddag vir vroue wat vroeg volgende maand plaasvind. 
Dié jaarlikse geleentheid reg oor die wêreld, waar vroue bymekaarkom om te bid, vind op Vrydag 1 Maart om 10:00 plaas by die Hervormde Kerk Môrester. Vroue van alle denominasies in die Kosh-gebied is welkom om die verrigtinge by te woon.  
Die tema vanjaar is: “Ek dring aan... Verdra mekaar in liefde”. Die fokusland, wat al 7 jaar terug deur die internasionale komitee aangewys is, is Palestina.
Die verrigtinge sal tweetalig geskied. Daar sal ook ‘n dankoffer ten bate van die Wèreldbiddag vir Vroue-organisasie wees. “Daar is ‘n dringende behoefte om in te tree vir Klerksdorp, Suid-Afrika, die oorloë in Europa asook vir die wêreld.

Kom wees deel hiervan met ‘n biddende hart asook ‘n ontvanklike gees,’’ nooi die organiseerders. Volgens hulle is dit ook ‘n spesiale geleentheid vir werkgewers om werknemers die geleentheid te bied om die diens by te woon. Mans is ook welkom.

Dienste sal ook plaasvind in: 
- Alabama - Vrydag 1 Maart om 18:30 by die Anglikaanse Kerk, H/v Alex- en Vredestraat. Skakel Halima by 081 401 4167.
- Jouberton - Donderdag 7 Maart om 12:00 by St Pauls Katolieke Kerk, 23ste Straat, Phelandabaweg. Skakel Nana by 083 348 0601.
- Kanana - Donderdag 7 Maart om 10:00 by African Presbyteriaanse Kerk, 2154 Khumalo straat. Skakel Roseline by 069 791 8450.
- Khuma - Donderdag 7 Maart om 13:00 by General Faith in Zion Kerk, 7148 Sothomela straat, CH section. Skakel Joyce by 072 142 5160.

Almal word aangemoedig om tuis, by die werk, by skole en selfs by kleuterskole saam te bid. 

Die gebedsinligting (ook vir die jeug) is elektronies beskikbaar en kan aan belangstellendes gestuur word.  
Vir meer inligting, skakel Petra by 072 375 0600 of Margaret by 082 819 6985.