Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Klerksdorp Markte en Pretlope se volgende mark by Pick n Pay Hipermark is die naweek. Die hoofdoel van die mark gaan wees om geld in te samel vir die Orkney en Klerksdorp Diereskuiling van 09:00 tot 14 00. Ignaz Streicher van Overvaal Stereo en Diane Jacobs van die diereskuiling sal albei toegesluit word en geld gaan ingesamel word vir hul vrylating. 

Hulle hoop om R5 000 in te samel vir die skuiling wat die afgelope jaar al etlike uitdagings ervaar het.

Ondernemings en die gemeenskap van Klerksdorp word genooi om deel te wees van die insameling en skenkings te maak sodat die mark kan help om die skuiling by te staan. 

“Sonder die gemeenskap se ondersteuning kan die projek nie suksesvol wees nie. Kom ons wys ons gee om en word deel van die projek,” sê Van Staden.

Honde- en katkos sowel as komberse kan ook na die mark gebring word. Daar sal sowat veertig uitstallers wees wat gereed sal staan met ‘n groot verskeidenheid heerlike kos- en snuffelstalletjies. 
Daar is nog stalletjiestaanplek beskikbaar vir die naweek.

Skakel Tinus vir navrae en stalletjiebesprekings by 083 294 8077.