Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Die kabaretkunstenaar en sanger Helena Hettema tree die laaste Sondag in November op by die Rooy Kosmark in Potchefstroom. Die gewilde kosmark in die Van Rooyensaal spog met heerlike kosstalletjies vir die fynproewer. Tuisgemaakte produkte, selfgemaakte kaas, produkte en tuisgebak word verkoop. Daar is gewoonlik ook snuffelstalletjies met tweedehandse produkte.

Sondag 26 November se kosmark sal ‘n Kersfees-tema hê en elke uitstaller se stalletjie sal ‘n Kersfees element bevat. Toegang is gratis.

Helena sing in Afrikaans, Frans, Nederlands, Flaams en Italiaans. Tye van haar optredes is om 10:45 - 11:25, 12:20 -13:00 en 13:40 - 14:00. Die mark duur van 10:00 tot 15:00.