Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die eerste naweek in Desember is dit tyd vir die Triest Sentrum se jaarlikse Kersmark. Die mark skop die Vrydagaand 1 Desember af met heerlike peuselgoed wat sommer vir aandete vir die gesin sal sorg.  Bring jou beursie vir lekker basaarkos soos Kerrie en rys, tuisgebakte pasteie en ander lekkernye. 

Triest verkoop elke jaar sakke vol tuisgebakte koekies en beskuit op hul Kersmark, so as jy jou voorraad Kersfees peuselhappies wil aanvul moet jy ‘n draai maak. 

Daar is ook ‘n winkel met allerhande tuisgemaakte handwerkitems wat deur Triest se kliente gemaak is, ideaal vir die Kerskous.

Die mark is die Vrydagaand van 17:00 tot 21:00 oop en Saterdag van 09:00 tot 13:00. Op Saterdag is daar ook ‘n uitstalling van die Klerksdorp sportmotorklub se voertuie.