Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Hervormde Kerk Klerksdorp-Oos Morester vier die naweek sy 70ste verjaardag. Lidmate, oudlidmate en vriende van die kerk word genooi na die erediens op Sondag 12 November om 10:00. Na die diens sal daar ook ‘n kranslegging plaasvind ter herinnering van almal in uniform wat in diens van die land gesterf het. Almal is welkom om dit by te woon.

Die Morester gemeente is in 1953 gestig en die kerkgebou is op 9 Junie 1956 ingewy. Die gemeente het van die Hervormde Kerk Klerksdorp afgestig wat reeds in 1866 gestig is. Morester se eerste predikant is in 1954 beroep en die kerkraadsvergadering is daardie jare nog in die skoolsaal van Laerskool President gehou.

Die kerk het die afgelope sewe dekades, tien predikante opgelewer. Ds Joseph Steyn is die afgelope paar jaar by die gemeente betrokke. Almal is welkom om die erediens en kranslegging by te woon.