Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Vind God in die gewone deur Tom Smith
Uitgegee deur Lux Verbi

Hoe leef ons in die gewone? Hoe vind ons God in die gewone? Ons raak maklik afgestomp en gewoond aan ‘n lewe waarin dit voel asof God afwesig is. Maar God woon in die gewone, in ons woonbuurte en woonkamers en woonplekke. Ons moet leer om God daar raak te sien en deel te neem aan die avonture wat rondom ons afspeel. Ons moet speurders van die Skepper wees in die woonbuurte waar ons bly, in die werke waar ons swoeg en sweet en in die verhoudings waar ons liefhet en ook soms seerkry. Dit beteken dat ons opnuut die lewe beleef as betowerend en nie net as ‘n plek wat gestroop is van God se teenwoordigheid nie. 

Tom Smith, predikant van Johannesburg, help ons om ‘n paar gewone gebruike as verkykers te gebruik om ons te help om meer bewus te raak van God se teenwoordigheid in ons lewe: ons slaap, wakker word, soek, reis, werk, speel, eet, seer, rus en in die dood. Smith is een van die leraars by Fontaine-bleau Gemeenskapskerk.

Hy studeer aanvanklik by die Universiteit van Johannesburg en behaal sy meesters- en doktorsgraad aan die Universiteit van Pretoria. Hy is getroud met Lollie en hulle het twee kinders. Tom het al drie boeke uitgegee en hou van studeer. Hy bly in Randburg.