Capture or Kill deur Tom Marcus
Uitgewer: Macmillan
Lesersindruk: Stefaans Coetzee.
Tom Marcus se 2018 debuutfiksie, Capture or kill, val 100% in die ek-was-daar-formule van die laaste twee dekades, maar weens sy jarelange agtergrond in die intelligensie wêreld, is sy aanslag vars, en dit alleen het die lees die moeite werd gemaak. Inteendeel, ek het reeds Defend or die gekoop.
Sy skryfstyl herinner weliswaar aan McNab se vroeë werke, maar dit is sy persoonlike kennis as ʼn voormalige MI5-spioen, wat die lewe van ʼn hedendaagse spioen in detail vir ons inkleur, wat lesers gaan verower.