Die Pick n Pay stalletjiemark het op Saterdag 29 Maart uit sy nate gebars met 53 uitstallers wat baie goed ondersteun is deur die Klerksdorp gemeenskap. Veertig spoggerige veteraanmotors het gepronk en baie aandag getrek. Die organiseerder, Tinus van Staden, bedank elke uitstaller en eienaar van die veteraanmotors wat die dag so ‘n groot sukses gemaak het.
Sassa deadline extended
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Thousands of Sassa grant beneficiaries can breathe a sigh of relief as the deadline to replace the SASSA gold cards with Postbank’s black cards has been extended a further two months. The new deadline is now May 31. The announcement was made by Postbank’s CEO, Nikki Mbengashe, on Friday March 28.
New books: The First-Generation Founder: How to build a start-up mindset and thrive
by Raymond Ledwaba (published by Tafelberg)
Here is a hands-on guide for emerging entrepreneurs who aim to break away from corporate South Africa and build a life on their own terms. Rooted in the real-world journey of its author, Raymond Ledwaba, this book captures the unique challenges and rewards that come with stepping into entrepreneurship for the first time as an executive. It offers readers more than just advice on creating a business; it provides the mindset shifts, skill-building strategies, and personal anecdotes necessary to navigate the unpredictable path of a start-up founder. It provides insights and advice on navigating the daunting journey into the unknown while dealing with South African problems like inequality and black tax. From the crucial decision to leave behind corporate security to building a resilient, growth-oriented mentality, The First-Generation Founder is crafted for individuals who are ready to take risks, confront failures, and pursue success in the world’s most unequal society.
Nuut op die rak: Woestynblom
deur Kristel Loots (uitgegee deur LUCA)
Waaroor gaan dit? Isabella voel nie soos die tradisionele beeldskone heldin nie; sy is sag om die kante en haar hare het ’n wil van hul eie.
Sy soek avontuur en passievolle liefde, en vlug uit die stad om van haar oorbeskermende ouers weg te kom. In die oop ruimtes soek sy ’n man wat haar voete onder haar uitslaan.
Maar ’n gesinskrisis dwing haar om die waarheid in die oë te staar en die geraamtes uit die kas te konfronteer.
Miskien sal die kronkelpaaie van haar lewe haar lei na liefde en vryheid, sodat selfs ’n verlore woestynblom soos sy kan blom.
Kristel is ’n gewilde skrywer en die boek sal nie teleurstel nie. Koop hom in April.
Nuut op die rak: Die jare tussen ons
deur Jozine Botha (uitgegee deur LUCA)
Waaroor gaan dit? Elaine vlug weg van haar verloofde, Alex sonder enige verduideliking. Haar geheim bly haar eie, want as Alex ooit moet uitvind sal dit sy lewe ruïneer, of so glo sy. Sy het geen ander keuse as om met Ben van Staden, die rykmanseun van Bloemfontein, te trou nie.
Die jare wat volg is verwonde jare gevul met vrees en verwyt. Elaine verloor haar geloof in ‘n liefdevolle God en dit is net wyn wat haar help om soms te vergeet. Maar haar liefde vir Alex bly ’n brandende vuur in haar binneste wat nie geblus kan word nie.
Skielik, ná sewe jaar, staan Alex weer voor haar en sy besef dat God tog alles ten goede kan laat meewerk vir die wat Hom liefhet. Maar, sal Alex haar ooit kan vergewe vir die onreg wat sy aan hom gedoen het?
Dit is Jozine se debuut roman. Sy is ’n pastoor en berader by die Prisam gemeente in Wonderboom, Pretoria. Beskikbaar in boekwinkels in April.