Op die boekrak: Pastoor Petro skryf haarself vry
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die masker is af en die ware Petro Kotze-Odendaal is nou vry. Weg is die langhaar meisiekind wat bang is vir haar dronk pa, kwaad is vir haar ma en skaam kry oor hul armoede. Haar boek, Wanneer die Krieke Stil Word, is pas deur Naledi Uitgewers uitgegee. Sonder doekies omdraai skryf Petro oor haar grootwordjare op die myndorp. Waar sy mens geword het en ook waar sy haar man en die pa van haar seun ontmoet het. Die titel van die boek is juis verleen aan die vreesaanjaende angs wat sy ervaar het as sy in die nag moes vlug voor haar eggenoot wat hoog op dwelms gedreig het om haar dood te maak.
Nuut op die rak: Riviere in die wildernis
Nuut op die rak: Die Boekengel
Tannie Nettie se storie
Annita Visagé deel ’n interessante “goeie nuus’’ storie oor haar stokperdjie. Genealogie. Sy woon in La-Hoff en is ’n getroue koerantleser. Soos die jare gevorder het, was daar baie stokperdjies, maar vele het nie eers die ponie-stadium oorleef nie. Gelukkig het die laaste stokperdjie se vulletjie ʼn mooi en groot perd geword en is nou 10 jaar oud.












